The National Braai Day initiative was founded in 2005 and encourages all South Africans to unite around fires on 24 September every year. Jan Braai stands at the head of this organisation. In addition to National Braai Day, Jan Braai presents and produces the acclaimed TV show, Jan Braai vir Erfenis, airing on DSTV and currently filming the 14th season. He is the author of six best-selling books on the topic of braai, all available in English and Afrikaans.
Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van
hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op
24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste
herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur
gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.
Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke
potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei
word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal
jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur
laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en
nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte
maklik baasraak.
Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot
maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is,
of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.
Inhoud: Inleiding; Ontbyt; Die Hamburger; Steak; Periperi-hoender; Pasta en Pizza; In Die Kole;
Direkte Hoë Hitte; Direkte Lae Hitte; Smoor en Braai; Hoe om te Spitbraai en ’n Balieroker te
Gebruik; Pap; Klassieke Potjies; Kerriepotjies; Internasionale Potjies; Seekos; Wildsvleis en Voëls;
Sop; Brood; Nagereg; Wanneer Jy Erg Huis Toe Verlang; Resep-indeks