Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n
daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou
gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders.
Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met
God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie
liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike
geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar
gesin se lewens.
Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy
stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou
leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens
van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.