Wanneer joernalis Ingrid esen besluit om ’n gap-jaar te vat, besef sy nie waarvoor sy haarself inlaat nie. Sy vertrek saam met haar Joodse vriendin Sharon na Israel, waar sy ’n span argeoloë wil vergesel op ’n grawe in Galilea. Daar aangekom ontmoet sy die res van die span kenners, insluitende Leif Andersson, die Noorweegse historikus op die spoor wat sy Kruisvaarder voorvaders destyds na die beloofde land aangedurf het. Teen die agtergrond van hierdie antieke landskap probeer die twee bymekaar kom, maar Ingrid besef dat sy nie alleen is in haar aangetrokkenheid tot Leif nie. Op soek na skatte uit die verlede sal hulle ook die politieke onluste in die area moet trotseer as hulle ’n kans op liefde wil hê.