Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer
so ’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd
druk Ben ’n uitstekende drie … maar onder die verkeerde pale! Sy
hartjie voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in
die Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie.
Ben en die groot wedstryd is ’n lieflike storie wat kinders leer dat dit
almal soms foute maak en dat dit jou nie moet onderkry nie, maar dat
jy eerder uit foute moet leer en altyd weer probeer.