Benru se boomskok: Die geheim van sy spesiale magte

R180,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637005562
Format: Sagteband
Publish date: 2024-08-01
Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan. Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê dat hulle dood is. Maar Benru is nie so seker nie ... Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd. - Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en DEUR TYD GEREIS? - Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop? Het Benru magte waarvan hy nie weet nie? Benru is in vir ’n wegholrit van ’n avontuur van tydsreis, geheime agente en spesiale magte!
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Felicia Snyman-Du Toit
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Felicia Snyman-Du Toit