Blasjan en die Blou Kitaar (EBOEK)

R99,00
Blasjan en die Blou Kitaar (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9781485900498
Formaat: E-boek
Publikasie datum: 2018-09-01
Links
Sebastian of Basjan beskou homself as 'n ‘verloorder’ en die boelies in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Hillbrow lyk skrikwekkend en vol misdaad ná 'n sorgvrye grootword op 'n plaas. Sy voorkoms is ongewoon – blonde hare, blou oë, blas vel – en die boelies by sy nuwe skool gee hom die bynaam Blasjan. Hy pas nie by sy swart, wit of selfs bruin klasmaats in nie. Sy jong lewensverhaal volg ’n pad van verdrukking en beproewing en ’n stryd teen boelies en dwelmafhanklikes. Hy vind vertroosting in musiek deur kitaar te speel, 'n band te begin, en aan 'n talentkompetisie deel te neem. Hy ontdek selfs sy eerste liefde. Uiteindelik styg Blasjan bo alles uit en hy word sterker, voel gelukkiger en kry heelwat meer selfvertroue.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Sep. 2018
Formaat E-boek
Skrywer Koos Kombuis
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening