Monica is vasbeslote om haar kind self groot te maak, maar hou nie rekening met Ruben se versoek aan sy broer om na haar om te sien nie. En volgens haar oordoen Herman dit totaal. Sy is immers ’n onafhanklike vrou wat nie die inmenging van ’n man in haar lewe nodig het nie. Herman bied haar ’n welkome heenkome en doen sy bes om haar met die baba by te staan, en gaandeweg baan hy ook ’n weg na haar hart. Wanneer hy sy lewe byna in ’n ongeluk verloor, is dit Monica wat hom bystaan, en besef sy dat Herman vir haar soos tuiskoms na ’n lang en vermoeiende reis is.