'n Bruid voor kersfees

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776359523
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2023-12-01
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van ’n matriekdogter en sy ’n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Haar buurvrou terg haar en voorspel dat sy voor Kersfees ’n bruid gaan wees. Die geskiedenis herhaal homself sowaar toe sy dogter verlief raak op haar seun wat haar in dieselfde lig as sy jonger sussie beskou. Intussen veg beide Wickus en Marli hard teen die ontwikkelende gevoelens tussen hulle. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle ’n verhouding laat werk?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Des. 2023
Formaat Sagteband
Skrywer Madelie Human
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Madelie Human