Beatrix Smith verhuis saam met haar man na Oudtshoorn, na sy aftrede. Sy glo ʼn mens moet drome hê. As ʼn boekwurm was dit hare om self te kon skryf soos haar gunstelingskrywers. Om die ATKV-skryfskool te kon bywoon, beskou sy as ʼn ingryping en seëning van God, want dit het haar in staat gestel om werk te maak van wat sy as ʼn onbereikbare droom beskou het. Sy is dankbaar vir elke geleentheid om agter haar rekenaar in te skuif, in die koppe van haar karakters te klim en hul stories te vertel.
Vir ‘n man is daar nie nou tyd in Tillie se lewe nie. Sy sy wil haar avontuurlustige drome uitleef sonder die komplikasies van 'n verhouding. Maar dan duik ‘n geleentheid onverwags op om ‘n lank gekoesterde droom te vervul. Professor Ryk Broodryk maak haar ‘n aanbod wat sy nie kan weier nie: Trou met hom vir ‘n jaar om sy erfporsie te behou in ruil vir eenmiljoen rand. Die enigste voorwaarde is dat sy bereid moet wees om vir drie maande saam met hom in die Amasone deur te bring. Wat sy egter nie verwag nie, is vir die singende en ernstige professor om haar voete onder haar uit te slaan om haar hart in sy hande te hou.Gaan Ryk haar avontuurlustige drome kelder, of gaan hy haar mees vervullende avontuur nóg word?