Bravo! Charlie

R200,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637006262
Format: Sagteband
Publish date: 2024-09-01
Wat het geword van elke man vir homself? Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer ... Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry. Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk ʼn barmhartige Samaritaan soos die res van sy gesin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit dat sy pa ’n helikoptervlieënier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haat dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sý buitekamer kom neem het. En dan tel Charlie teensinnig ʼn verlore joernaal op en teen sy beterwete probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy eie planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak ʼn ander wêreld vir hom oop.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Sep. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Jacolet van den Berg
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jacolet van den Berg