Wat ’n donderpadda van ’n man, is Mariek Vermeer se eerste indruk van dokter Leendert Kolver, en sy weet dadelik sy moes nie Kolgabaai toe gekom het nie. Sy het haar nou kom blootstel aan die ongepoetsheid van ’n man wat dink die wêreld bestaan oor hóm. Maar toe ’n krisis Kolgabaai tref, leer Mariek wat dit beteken om letterlik en figuurlik ’n brug te bou.