Dans, Jenna (EBOEK)

R132,00
Dans, Jenna (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799389630
Formaat: E-boek
Publikasie datum: 2018-03-01
Links
Jenna is versot op dans. 

Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy moet maar net hoop die skoene hou nog ’n ruk – om nie eens van haar voos gedansde pointes te praat nie. Hopelik gebeur daar ’n wonderwerk!

Toe die Kaapse Balletgeselskap ’n kompetisie loods om talentvolle jong dansers die kans te gee om ’n winterskool in die Kaap én ’n vertoning van die fantastiese Russiese Balletgeselskap by te woon, begin Jenna se hoop opvlam.

Maar sy hou nie rekening met die jaloerse Mineke en haar ma se onderduimse planne nie ...

’n Deernisvolle, avontuurbelaaide storie wat bewys dat wonderwerke kan gebeur as jy in jou drome glo.

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mrt. 2018
Formaat E-boek
Taal Afrikaans
Skrywer Noreen Nolte
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Noreen Nolte