Ontdek die geheimenisse van die Bybelse vas en ervaar ’n dieper
verhouding met God.
Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die
Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus
Christus verdiep.
Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons
nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle
gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit
die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van
God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.
Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te
skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende
teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en
innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge
gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy
ons op.
Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende
krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle
lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid,
oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.