Op 'n dag kry Petra Pienk 'n briljante plan ... Sy gaan piesangbrood verkoop! Maar dis nie sommer gewone piesangbrood nie – Petra voeg 'n geheime bestanddeel by. Sommer gou is Petra se piesangbrood op almal se lippe. En iemand is desperaat om uit te vind wat die geheime bestanddeel is ...