Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele,
waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld
van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle
engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser
op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in
die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd,
veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde
hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele
toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid
kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?