Hartstog, haat en teleurstelling ken geen geskiedenis nie. In die nag van 23 Augustus 1836 moor die Matebeles ’n staning Voortrekkers uit. Net die jongmense Lourens Botha en Petronel van Rensburg en hulle vriend Vryheid oorleef. Maar hierdie bloedige nag van tragiese eindes is ook die begin van Petronel en Lourens se liefde wat eers ses jaar later, deur gevaarlike en onvoorspelbare omstandighede op die Trekkerspad, teregkom.
Die pad na Skuilhoek is ’n fyn liefdesvertelling, spannende pioniersverhaal én wordingsroman oor ontluikende seksualiteit.
Publikasie Datum | 01 Sep. 2011 |
---|---|
Formaat | EPUB |
Skrywer | Hans du Plessis |