Esmien is verantwoordelik vir passasiers se ontspanning tydens ’n plesiervaart op die luukse skip Ocean Dreamer. Maar aan boord moet sy tot haar ontnugtering sien die eerste offisier is nie ’n vreemdeling nie. Hulle paaie het agt jaar gelede in Kopenhagen gekruis. In Kopenhagen was sy in jeugdige onbesonnenheid in hierdie lang, aantreklike Portugees se arms. Maar die Alvaresse is ’n ou familie en dit is tradisie dat ’n man met die vrou van sy familie se keuse trou, ’n vrou wat eweneens uit ’n vermoënde familie van grondbesitters kom. Esmien het nie ’n kans nie!