Diep spoor (EBOEK)

R230,00
Diep spoor (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9781485904304
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2020-08-01
Links
In die stormagtige jare voor en tydens die groot trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef. Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland. Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak. Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2020
Formaat EPUB
Skrywer Jeanette Stals
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jeanette Stals