Daka (EBOEK)

R255,00
In voorraad
ISBN
9780637003407
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2024-06-01
Links
Die verdwyning van ’n doodgewone ou wat verskriklike dinge oorgekom het – en ’n nog erger ding aangevang het – en sy drome oor ’n eiland en ’n eienaardige waterwese ... en ’n nuwe begin. Elke voortvlugtige is ’n ontdekkingsreisiger en elke reisiger ’n vlugteling, en Adam Richter was geen uitsondering nie. Daar was wraak by die dam en ’n storm op die see en smokkelaars en hippies en gewone tortelduiwe en enorme vlermuise, en later ’n hardkoppige rooikop – onder andere. Sy lewe was nie een lang, uitgerekte verhaal soos die van meeste ordentlike mense nie. Eerder ’n bondel erg teenstrydige stories, in chaos verweef. Van hulle was naïef en onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en selfs boos ... maar van hulle so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong. Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later sê, want vreemde dinge het gebeur. Dinge wat hom soos ’n onsigbare magneet noord sou trek, seelangs, die laaste wildernis in. Want Adam het ’n geheim gehad, so groot dat hy eers moes doodgaan en wegraak voor hy kon opstaan en oor begin.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2024
Formaat EPUB
Skrywer Jaco Strydom
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening