Al die ontwerpe word volledig met volkleurfoto's, diagramme en noodsaaklike hekel-inligting toegelig en gebruik hekeldraad wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is. Interessante variasies bied aan die hekel-entoesias kreatiewe opsies om elke skepping uniek te maak. Die moeilikheidsgraad word by elke patroon aangedui en die wye verskeidenheid bied aan die beginner sowel as die gevorderde genoegsame keuses. Met 70 moderne hekelpatrone. Hekel vir die huis sluit die volgende afdelings in: •Volledige inleiding oor basiese steke, hekelpenne en hekeldraad • Somer- en winterpatrone vir vroue •Moderne juwele en bykomstighede. Vrolike speelgoed en truie vir babas en kinders . Interessante huis- en dekoritems.