Tydens ʼn donker depressiewe tydperk van Belinda Bras-Nel se lewe het dit vir haar gevoel asof haar gebede nie beantwoord word nie en dat God nie daar is wanneer jou lewe skeefloop nie. Maar net toe sy wou opgee het ʼn engel haar uit haar twyfel kom ruk.
Hierdie boek vertel die verhaal van ʼn vrou wat as kind baie geestelike ervarings gehad het, maar, soos ons almal, het van die lewe oorgeneem. In totale desperaatheid het sy ’n noodkreet uitgestuur in die heelal om die rede vir haar bestaan te probeer verstaan. In hierdie boek beleef jy saam met haar die pyn van absolute verlatenheid, maar ook die gelatenheid wat sy leer ken wanneer die engele in haar lewe opdaag met boodskappe van hoop en wysheid.
Die boek beskryf dit wat Belinda van die engele geleer het. Hulle wyshede het haar gehelp om haar lewe om te keer van hopeloos en magteloos na bemagtig en vry.
Die leser word bekend gestel aan die hemelse boodskappers en die persoonlike boodskappe wat hulle vir elkeen bring.
Belinda het vol sale getrek by die US Woordfees waar sy gesels het oor haar reis tot bemagtiging met die engele wat haar gelei het. Sy het onder andere ook op Rian se program op KykNet verskyn.