Pandora se kruik is oop ...
Ná ’n liefdesteleurstelling en ’n moeilike inperktyd, is Emma uiteindelik reg om
weer uit haar dop te kruip. Net betyds vir baas Wim se aanloklike aanbod: ’n Projek
neem hom Midde-Ooste toe en hy kort haar ondersteuning. Binnekort verdaag
Emma na Siprus onder die voorwendsel om by haar suster te gaan kuier.
Maar die skone Siprus is nie net kristablou waters, sonnige strande en Griekse oudhede
nie. Emma is immers daar om internasionale geldwasnetwerke oop te vlek, en
gou ontdek sy dat die gevaar nader is as wat sy of Wim besef.
Wat kom maak die superseiljag saans naby die seegrotte? Waar lê hulle plaaslike
agent Nikos se lojaliteit? Weet die vissermanne dalk meer as wat hulle voorgee?
Skielik lyk dit asof Pandora al die wêreld se euwels opnuut vrygelaat het. As Emma
ooit weer vir Wim wil sien, en hom wil vertel hoe sy oor hom voel, sal sy een stappie
voor moet bly.
In haar derde boek soek Marie Spruyt in die antieke wêreld na liefde en hoop vir al
ons moderne euwels.