Een hart (EBOEK)

R196,00
Een hart (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799354256
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2014-04-01
Links
Johannes Prins se debuutbundel, een hart, belig die kodes wat mense in taal gebruik om met mekaar te kommunikeer. Die kaartspel, brug, word onder meer deur die titel geaktiveer wat op sigself daarop dui dat net ingelyfdes, of mense wat die spel verstaan, dié taal sal verstaan. So esoteries soos die spel brug is, só is die poësie, die liefde en die dood binne ’n spesifieke gesins- of familieverband: mense wat ’n intieme taal deel. Om uiteindelik by ’n “roep” uit te kom wat staan, moet die speler/s dikwels eers verskeie ander roepe maak om agter te kom wat in hul spelmaat se hand is. Iets heeltemal anders word dus aanvanklik in kode gesê om uiteindelik by ’n kontrak of ’n ooreenkoms uit te kom. Maar, dit bly ’n waagspel …
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2014
Formaat EPUB
Skrywer Johannes Prins
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening