Eendagmooi (EPUB)

R268,00
Eendagmooi (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799355727
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2012-06-01
Links
Janeke loop die ou, ou pad van ’n vrou wat gevaar staan om haar man te verloor. ’n Baie moeilike tiener en die feit dat Janeke weer ’n baba verwag, maak niks makliker nie. Ook nie die feit dat sy nie seker is hoekom haar man haar wil verlaat nie. En toe sy uiteindelik agter die kap van die byl kom, is sy nie meer so seker sy wou regtig weet nie. Op die lange duur, vrees sy, gaan sy veel meer as haar man verloor. Min dinge word haar gespaar en daar word meer as redelikheid van haar verwag. Maar uit hierdie verbryseling staan Janeke op – in ’n helder oranje rok en blou skoene, ja – en sy is bevry van ’n verlange wat haar sestien jaar geteister het. ’n Genadige sin vir humor sleep haar deur van die moeilikste oomblikke. En haar verhaal verloop net so heel anders as dié van die meeste vroue in haar situasie. Sy wen meer as wat sy verwag of ooit oor durf droom het. Die eendagmooi word ’n hemelblom.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2012
Formaat EPUB
Skrywer Kristel Loots
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Kristel Loots