Eilandvuur (EBOEK)

R81,00
Eilandvuur (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799379358
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2016-05-01
Links

Laverne Rieckert vertolk die rol van die verleidelike Gabrielle. Hierdie laaste taak vir die geheime diens kan help om haar man se moordenaar vas te trek. Sy bedrieg vir Alain Picault om haar doel te bereik en verdwyn.

Alain spoor haar egter op en as terugbetaling vir die wyse waarop sy hom bedrieg het, dwing hy Laverne om ’n tydperk op sy privaat eiland deur te bring. Hulle vriendskap raak al hegter en sy besef sy het gevoelens vir die sjarmante Alain ontwikkel. Toe daag die beeldskone voormalige model Domini op die eiland op en verkondig openlik dat Alain haar trouman is.

Laverne vlug met ’n gebroke hart terug huis toe en hervat haar lewe met die wete dat haar geliefde Alain ver buite haar bereik is. Of het sy haar weer eens met hom vergis?    
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mei 2016
Formaat EPUB
Skrywer Serena Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Serena Steyn