Cornelis Homan beleef ’n deel van die Anglo-Boereoorlog aan Boerekant. Daarna bevind hy hom saam met ’n aantal Boere in Portugal wat die Boere goedgesind was. Dit is hier waar die jong Cornelis se paaie kruis met ’n Portugese gesin, ’n ontmoeting wat die ganse verloop van sy lewe sou beïnvloed, tot hy in ’n eensame graf in die vreemde tuis kom. ’n Lewensvreemdeling, sou mens hom kon noem. Sy pad was nie onbesproke nie, nog minder met vreugde besaai. Tog het hy die goeie wil in hom omgedra.