Finlay (RomanzaStoom)

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870407
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-09-01
Terwyl die een sensasie na die ander vir Fleur oorrompel, sink sy af en af tot op ’n plek waar die lug ondeurdringbaar is, te swaar is vir asemhaling. Vir passie en vuur was sy gereed, of so het sy altans gedink, maar hierdie stadige, intense aanval op haar sintuie, verbrokkel elke baksteen van haar verweer. Beneweld kan sy net vashou aan hom terwyl haar lyf oorneem en ’n soet, konstante pyn al hoe feller klop. Hy lig sy kop op, sy asem hortend. Sy oë is donker-donker blou toe hy die kamerjas oor haar skouers afglip. “Beautiful,” prewel hy en buk af. Warm lippe gly oor haar gesig, af teen haar slape. Sy hande vou besitlik om haar borste. Bang dat hy sal ophou, glip haar hande om sy nek. Haar hart klop heeltemal buite beheer op ’n primitiewe maat. Begeerte, intens en angstig, hamer desperaat teen haar ingewande. Met ’n onderlangse swetswoord, pluk hy sy hemp oor sy kop. Verwonderd laat gly sy haar hande oor sy bolyf, verlustig sy haar in die rimpeling van spiere onder haar vingers. Met ’n kreun lig hy haar been op teen sy lyf terwyl sy mond weer na hare soek. Fleur Greyling is verstom toe Finlay Sutherland op die plaas opdaag. Hulle het mekaar op ’n troue ontmoet waarvan sy bitter min onthou – net dat sy te veel vonkelwyn gedrink het en in haar onderklere wakker geword het. Finlay is ’n hartebreker wat nooit ’n vrou meer as een maal uitneem nie, maar Fleur is anders. Hoe meer tyd hy saam met haar spandeer, hoe meer wil hy by haar wees. Gaan die liefde dié keer die hartebreker vang?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Sep. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Elsa Winckler
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Elsa Winckler