Ernalize du Toit bly in Kathu waar sy mediasentrumbestuurder by 'n laerskool, kommunikasiebeampte, vryskutjoernalis en teksversorger is. In 2018 het sy ’n skryfkompetisie by die ATKV-Skryfskool in Potchefstroom gewen en daarna het sy liefdesverhale begin skryf.
Behati draai om en sien ’n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. ’n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.
BONUSKORTVERHAAL!
Vlinderveeg − Wilreza Smit-Theron
Simon se groot liggaam verslap. Sy arms gaan soos ’n hek oop en trek haar styf teen hom vas. Deur die dun hemp kan Nika die onreëlmatige klop van sy hart hoor. Hy lig haar ken met sy wysvinger en eis dan haar lippe met ’n smeulende aanslag op.