Beatrix Smith woon in Pretoria. As ’n boekwurm was dit haar droom om te kon skryf soos haar gunstelingskrywers. Sy is dankbaar vir elke geleentheid om agter haar rekenaar in te skuif, in die koppe van haar karakters in te klim en hul stories te vertel.
Onweerstaanbare Itliaanse passie...
As jy wag vir ’n ridder op ’n wit perd gaan jy lank wag, want hulle bestaan nie. Dis Ma Amelia se motto.
Na ’n onvergeetlike nag in Vittorio Mancini se arms, word Claudette alleen wakker. Ontnugter moet sy erken haar ma is reg: Geen man is te vertrou nie. Van haar pa wat voor haar geboorte reeds die hasepad gekies het, haar eksverloofde wat haar gelos het, tot en met Vittorio se verraad.
Voortaan sal sy ’n man niks anders as vriendskap bied nie. Sy leer egter gou, die hart laat hom nie voorskryf nie. Sal sy die aantreklike Vittorio kan weerstaan