En waar begin 'n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoe en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloe, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime. Help! My kind is anders! is 'n praktiese gids wat jou met 'n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind 'n kampioenspan te maak! Christien Neser is 'n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.