i-Tjieng (EBOEK)

R170,00
i-Tjieng (EBOEK) geskryf deur Koos Kombuis
In voorraad
ISBN
9780143531098
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2013-02-09
Links
Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit praat twee tale, antiek en modern. Antiek, want dit verduidelik ’n metode om dieper wysheid te raadpleeg wat teruggaan na die Sjinese filosoof Confucius in die newels van die tyd. Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat. Die I Ching, of “Boek van veranderings”, word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Deur verskillende metodes word jy gelei na simbole waar die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word. Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig – die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan. In i-Tjieng praat hierdie wysheid jou taal: ligvoets en humoristies, maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na ’n pad. Dit is jou “GPS vir verdwaalde siele”. Koos Kombuis is volksbesit. Hy was brandweerman, digter, voorsanger in die rebelse jeugbeweging teen die orde van die jare tagtig. Hy is deur die mallemeule van roem en drank en dwelms, en anderkant uit. Van die mooiste liedjies in Afrikaans kom van hom. Hy is ’n gerespekteerde openbare kommentator, ’n geliefde sanger met talle CD’s op sy naam, ’n romanskrywer, en ’n gesinsman.
Meer inligting
Publikasie Datum 09 Feb. 2013
Formaat EPUB
Skrywer Koos Kombuis
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening