Iewers vlieg daar fairy dust (EPUB)

R212,50
Iewers vlieg daar fairy dust (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799366648
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2014-04-04
Links
Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Dit is die rede waarom sy ’n gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. 
Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. 
Te groot. 
Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp. Dis hoe die maatskaplike werker en haar helpers dit noem. En Mevrou. Die rykmansvrou wat soms daar kom liefdadigheidswerk doen en so ’n dun glimlaggie het. Die mense wat daar bly, noem dit sommer Plot 717. 
Dis waar Elmien saam met haar ouma en haar twee niggies in ’n Wendyhuis woon. 
Dis waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. 
Dis waar sy geheime ontdek wat haar hele lewe op sy kop keer. 
’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome tóg waar kan word, soms op die mees onverwagse maniere ...
Meer inligting
Publikasie Datum 04 Apr. 2014
Formaat EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Marisa Haasbroek
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening