Sy blou oë sal haar hipnotiseer ... Samuel de la Harpe is ’n befoeterde man, maar Elfie voel tog tot hom aangetrokke, al het sy gedink sy is immuun teen mans. Net toe sy dink daar is iets tussen hulle aan die ontwikkel, vertel sy toekomstige verloofde vir haar dat Samuel een van daardie mans is wat glo dis reg om ’n verhouding met twee vroue gelyktydig te hê. Hoe strook dié man, wat nie erg het aan liefde en omgee nie, met die Samuel wat saam met haar gekuier het, kos gemaak het en in haar hangmat gelê het? Deel van ’n man se harem sal sy nooit wees nie.