Ná ’n huwelik met ‘n sadis, verlaat Maria die Baai met net ’n handsak, koffer en viool. Nie eens haar ma weet waarheen sy gaan nie. Al wie weet, is die eienaar van ’n gastehuis naby Maclear waar Maria as bestuurder gaan werk. Minute nadat sy daar aankom, besef sy sy is gekatvis deur ’n bedrieër en elke minuut is genade.