Virus (EBOEK)

R187,00
Virus (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799358728
Formaat: E-boek
Publikasie datum: 2012-08-10
Links
Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef … wel, dís die scary deel. Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk. ’n Week gelede was Jake nog ’n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in ’n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreek van die virus is die wêreld ’n vreemde, skrikwekkende plek waar gevaar om elke draai skuil en waar jy nooit seker is wie jy kan vertrou nie. In die tradisie van George A. Romero se Living Dead-kultustreffers en zombieflieks soos 28 Days Later en Resident Evil is Jaco Jacobs se Virus ’n opwindende eerste in Afrikaans – ’n aksiebelaaide kombinasie van wetenskapfiksie-jeugroman en strokieskuns. Deur die oë van die sewentienjarige aspirant-strokieskunstenaar Jake kry die leser ’n blik op ’n nagmerriewêreld waar koerantopskrifte oor biologiese oorlogvoering en onbeheerbare virusuitbrake meteens werklikheid word. Die jong kunstenaar Daniël du Plessis se treffende illustrasies verleen ’n besonderse element aan Jake se belewenis van ’n wêreld wat in puin gelê is.
Meer inligting
Publikasie Datum 10 Aug. 2012
Formaat E-boek
Taal Afrikaans
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs