Heléne Booyens het van kleins af hondjies en perde in die kantlyne van haar
skoolboeke gekrabbel. Vandag is sy ’n skrywer en illustreerder, asook ’n redakteur
by Penguin Random House Suid-Afrika. Sy het honneursgrade in
Bewaringsekologie en Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, en ’n
lisensie om slange te vang en hervestig.
Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die reeks!
In hierdie opwindende storie kom Jorsie te staan teen 'n nuwe uitdaging
diep onder die aarde, waar die dapper putponies ondergronds werk om goud na
die oppervlakte te vervoer. Maar wanneer 'n reeks onvoorsiene voorvalle lei
tot 'n katastrofiese instorting van 'n mynskag, word een van die
ponies diep ondergronds vasgekeer.
Sal Jorsie en sy maats betyds slaag in hul brawe reddingsmissie, of gaan hulle
vasbrand?
Lees saam aan Jorsie se opwindende reis vol moed, vriendskap, en die
onwrikbare vasberadenheid om nooit op te gee nie.