Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste en
koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland!
In hierdie avontuur sluit Dan Skinstad, wat dapper die uitdagings van
ligte serebrale verlamming trotseer, by Riaan aan. Saam pak hulle ‘n
kajakreis deur die ysige water van Ysland aan, waar hulle massiewe
golwe, stormagtige winterweer en selfs ‘n aktiewe vulkaan trotseer.
Met stories wat jou hare sal laat reggop staan, en illustrasies wat jou sal
laat skaterlag, vang hierdie boek die hart van avontuur vas teen die
ontnugterende, beeldskone agtergrond van Ysland.
Maak jouself gereed vir ‘n avontuur wat jou hart uit jou borskas sal laat
spring van opwinding!