Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van
Graad 8-12. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.
Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.
Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.