Joline de Klerk en Mia Singels is beide ervare onderwysers
met baie jare ondervinding in die Afrikaansklaskamer. Beide
van hulle is betrokke met die skryf van studiegidse en/of
Klasgids-artikels en het baie ondervinding met die nasien
van matriekvraestelle in die Nasionale Senior Sertifikaat
Eksamen.
Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids is ideaal vir onderwysers om die analise van die roman te vergemaklik: literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, daar is klasbesprekingspunte en langvrae-onderwerpe. Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-klasse gebruik word.