Ezilda Fouché en Andrea Dednam is beide ervare onderwysers met baie jare ondervinding in die Afrikaansklaskamer.
Ezilda Fouché het 37 jaar ondervinding en is departementshoof by HS Parys, is interne moderator van Afrikaans HT vraestel 1 in die VS en is betrokke by die opstel van NSS-vraestelle. Sy het 24 jaar ondervinding in die NSS-eksamens as merker, senior merker en interne moderator, skryf Klasgids-artikels asook SBA-take vir graad 10 tot 12 vir 'n aanlynonderwyserswebwerf.
Ezilda Fouché en Andrea Dednam is beide ervare onderwysers met baie jare ondervinding in die Afrikaansklaskamer.
Andrea Dednam staan al vir 18 jaar in die onderwys en sy tans 'n onderwyseres by HS Parys. Sy het al verskeie Klasgids-artikels geskryf, het 10 jaar ondervinding in die NSS-eksamen as merker en senior merker, en skryf SBA-take vir graad 10 tot 12 en graad 4 tot 6 vir 'n aanlynonderwyserswebwerf.
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Huistaal Graad 10-12 ideaal maak:
Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Huistaal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordkeuses, sinsbou, spelling, punktuasie, woordeskat-uitbreiding en kritiese taalbewustheid. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamen-vraestel 1 vir Afrikaans Huistaal (NSS en IEB) opgestel.
Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture
en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.
Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.