Toe Kristel op “haar” plaas aankom, vind sy uit dat sy ingeloop en haar plaas wettig aan Zac verkoop is. Hoewel hy haar goed laat verstaan dat sy nie welkom is nie, laat hy haar tog aanbly en reël selfs vir haar ʼn uitstalling waar sy haar skilderye kan verkoop.
Maar hoe leef ʼn meisie onder een dak saam met so ʼn mooie man soos Zac sonder om op hom verlief te raak? En hoe gemaak met die beeldskone, venynige Lydia, wat soos ʼn parasiet aan Zac klou?
Zac en Kristel neem ʼn ingrypende “besigheidsbesluit”, maar dit boemerang plesierig toe hulle besef wat hulle eintlik aangevang het.