Lees speel-speel saam met Tippie die olifant!
Die stories in die Leer my lees-reeks is uniek, modern en prettig. Illustrasies
ondersteun die teks, maar is meer abstrak en die perfekte oorbrugging tussen die
Grondslag-en Intermediêre fase. Vlak 6 se stories fokus op langer sinne, langer
paragrawe en ’n moderne uitleg om lees- en taalvaardighede te konsolideer en
hoërordedenke te stimuleer. Tippie stel die leser bekend aan nuwe woordeskat
asook eg tradisionele Suid-Afrikaanse uitdrukkings binne die konteks van elke storie.