Ilouise Muzzell is ’n ervare onderwyser met 15+ jaar ondervinding van vir leerders graad 4-7, Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele taal. Sy is ook ’n tutor vir leerders van alle ouderdomme. Sy het ’n paar gidse en werkboeke geskryf en veral haar Zackie Mostert-werkboeke is baie gewild. Sy woon tans in Gauteng met haar man en dogtertjie.
Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese leesgids is só saamgestel dat leerders dit saam met die leesboek in die klas kan gebruik. Die gids begin met basiese literêre aspekte, gevolg deur vrae, skryf- en mondelingaktiwiteite vir elke hoofstuk. Die antwoorde sal op ‘n QR-kode beskikbaar wees.