Leesgids: ‘n Hart is net atome

R140,00
'n Hart is net atome
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776358502
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2021-01-09

'n Hart is net atome is 'n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho is 'n Chinees-Afrikaanse meisie met 'n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: hy wil 'n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog 'n probleem: sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oe vir Nisa – die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie – met skreeusnaakse gevolge. 'n Hart is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.

Lees die uittreksel

Meer inligting
Publikasie Datum 09 Jan. 2021
Formaat Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Liesl Janse van Rensburg
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Liesl Janse van Rensburg