Toe die inperking aangekondig word, het Jenna pas haar verloofde en strooimeisie saam in die bed gevang. Sy het verkoue, ’n gebreekte hart en die behoefte om weg te kom van almal se simpatieke kyke. ’n Vriendin bied haar die
gebruik van ’n strandhuis op Waenhuiskrans aan wat op die oomblik na die regte medisyne klink. Vir die Jacques is die idee om vir drie weke stoksielalleen te bly die heerlikste
vooruitsig. Waarop hy nie voorbereid was nie, was die lang blondine in die sitkamer van sy strandhuis. Dit maak nie saak hoe sexy sy is of hoe lank haar bene is nie, dis sy huis en die meisie moet eenvoudig ’n ander plan maak. Maar in die tyd van die Corona is niks eenvoudig nie.