Toevlug

R300,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779880185
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-11-01
Tydens ’n staatsgreep in die Kongo, val ’n ekstremis en sy handlangers ’n sendingstasie aan met gruwelike gevolge. Een van die oorlewendes vlug vir haar lewe deur die reënwoud by die kuslyn af tot haar paaie haar terug lei na Suid Afrika. Petro beland by Toevlug – ’n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer, ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan, ’n dominee wat hom oor haar ontferm, maar Petro wil niks weet van ’n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie. ’n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers ’n verrassende vonds by ’n ou, versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem. Die een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hart wonde weer gesond maak? Wat maak ’n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ... “U is ’n toevlug … ’n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur, ongelooflike verlies en lyding, en die verbete houe van die noodlot, vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Nov. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Louise Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Louise Viljoen