Anja se groot toets as ballerina lê voor. Sy dans die hoofrol in The Little Mermaid en talentsoekers uit Londen sal ook haar vertoning beoordeel. Juis op hierdie belangrike stadium van haar loopbaan vlam daar iets veel meer as vriendskap op tussen haar en die eertydse konsertpianis wat hulle begelei. Sy vind dit moeilik om op haar dansbewegings as die mitiese meermin te konsentreer terwyl sy so intens bewus is van hierdie man van vlees en bloed, sy krullerige kuif, sy mosgroen oë en sy sensitiewe hande. Maar sy het nie rekening gehou met ’n jaloerse ballerina in die dansgeselskap nie. En die man van haar hart het nog êrens ’n eksverloofde ...