Mixtape van die liefde (digbundel)

R200,00
Mixtape van die liefde (digbundel)
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776353590
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2022-01-05
Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde:

Verliefdheid ('n rimpelvel hardloop),
Wat is liefde? (my hart het in jou verdwaal),
Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?),
Liefde en pyn (ek volg net my hartseer),
Liefde en woede (ek haat en ek het lief) en
Liefde wat verder reik (o's celebrate).

Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel:

Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julies en Ryan Pedro. Ronelda S. Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte.

Vertalings stel lesers nie net bekend aan plaaslike talent in isiZulu-, Setswana-, Xam- en San nie, maar bied ook 'n blik op wêreldliteratuur met gedigte van die Fransman Michel Houellebecq, die Kubaan Nicolás Guillén en Lucebert (wie se gedig in Nederlands verskyn).

Meer inligting
Publikasie Datum 05 Jan. 2022
Formaat Sagteband
Skrywer Antjie Krog
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening