Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk ’n gewone dag by ’n skool vir seerowers? Maak jou sitplekgordel vas vir nog ’n bundel propvol prettige, pittige en plesierige kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs.
Jaco Jacobs se vorige bundels kinderrympies, Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies en ’n Brulpadda in my tas: vrolike, vreemde en vreeslike verse, is steeds gewild en word landwyd in skole en by eisteddfods gebruik. Wurms met tamatiesous is bekroon met die Alba Bouwerprys en die C.P. Hoogenhoutmedalje.