‘n Donker, gefrommeldee varkgesig met reusagtige ore loer vir my en Dewald. Die ding knipper sy swart kraalogies teen die skerp lig van die flits. Sy liplose bek trek oop in ‘n grynslag wat twee rye vlymskerp, blink tande ontbloot. Hy maak ‘n dreigende, skril piepgeluid, en ‘n enorme, benerige vlerk kom te voorskyn.
My hele lyf voel lam. Ek kan nie glo wat ek sien nie. Vlermuise word nie so groot nie…